Die Hart Van ‘n Pa
Gretha Wiid gaan op Vrydag 16 Augustus 2013 by die NG Lynnwoodrif Gemeente ‘n draai maak. Die eerste gesprek gaan oor Die hart van ‘n pa – wees ‘n pa wat ‘n verskil wil maak.
Laat my dink aan die grappie: Die seuntjie vra vir sy pa: “Wat presies is ‘n man?” Dadelik gereed, antwoord die pa: “‘n Man is die baas en die hoof van die huis. Hy is die een wat verantwoordelikheid neem vir die gesin en omsien na almal se belange”. Die seuntjie antwoord: “Sjoe, ek hoop dan ek is eendag so ‘n goeie man soos mamma!”
Greta kry baie kommentaar op haar facebook. Sy sê van die 16de: Wonde in ons kindertyd bring so maklik sonde in ons volwasse tyd. Ek bid dat die Here ons wysheid sal gee om ons kinders se wonde raak te sien, dat ons sal kies om ‘n instrument van genesing te wees, en ook dat ons met elke woord, drukkie, luister of stukkie tyd wat ons aan hulle gee, sal besef…wonde bring maklik sonde….en ons sonde veroorsaak maklik weer later wonde.
Ek kies om my los te maak van hierdie bose kringloop. ‘Like’ as jy saam met my staan in die gees en ook bid dat die Here jou wysheid sal gee om jou kinders en geliefdes se wonde raak te sien en deel van hulle genesing te wees. Share en wees dalk vandag saammet my potensiële olie in iemand se wond.
Amen. Hierdie blog is van sy insepsie op daardie boodskap gemik.