Leon's Random Ramblings

Musings and scribbles from a Cougar Divorce Survivor while watching his little one grow up

Leon's Random Ramblings RSS Feed
 
 
 
 

Ek sal nooit vergeet nie

Tannie LangetjieGister, 28 Oktober 2011, het ons die laaste van die oues begrawe – Mamma, Tannie Langetjie, Tannie Tinkie of Ouma Plaas soos wat sy aan haar verskeie kinders en kleinkinders bekendgestaan het. Ek het ‘n paar van die foto’s van die begrafnis hier opgelaai. [kliek hier]

Dit was ‘n baie hartseer begrafnis, vir my miskien meer so as vir party van die ander begrafnisgangers. Ek is ‘n Uys, en my oorlede Pa (Oom Jannie Uys) kom juis uit daardie distrik. Tannie Tinkie (ek hoop nie julle gee om dat ek haar so noem nie?) was ook ‘n nooi Uys, en sy het ‘n geweldige belangrike rol in my jongmanslewe gespeel. Sy is dan ook in die Familiekerkhof op Strydplaas begrawe. Dit was ‘n sonnige dag met enkele wolke en ‘n ligte windjie, selfs die aarde het haar saggies ontvang in perfekte omstandighede.

Dominee George Hugo het dit vir my so mooi saamgevat toe hy gesê het dat skielik, as die kinders praat van huistoegaan, dan kom hulle na ons toe. Daar is nie meer oumense oor nie, ons IS nou die oumense. Tannie Langetjie was, sovêr ek weet, die laaste oorlewende Uys van die Plaas Paradijs / Mooiuitzig geskiedenis. Nou is dit ons beurt, maar ek is nie seker dat ons ooit haar skoene sal kan volstaan nie. Sy was vrou vir Oom John, ma vir Tokkie, Dotta, Fietsie en Johnnie, ouma vir talle kleinkinders, beste vriendin vir talle ander. Sy was ‘n harde werker en niks het vir haar hande verkeerd gestaan nie. Behalwe as sy gestap het, want sy het lang uitstappies altyd geniet en dan het die voete gewerk.

Vir my was die hartseerste oomblik (maar ook die oomblik wat haar lewe die beste opsom) nadat die kis in die grond ingesak het en almal besef het dis nou regtig finaal, toe John (kleinseun O’Neill) op sy knieë langs die graf gesak het [kliek hier] en met ‘n gebroke stem gesê het:”Ouma, ek sal jou nooit vergeet nie; Al die kere toe ons fietsgery het en gespeel het”. Ek dink die belangrikste lewenslessie vir my was juis dit: Dat ons as oumas en oupas nie moet ophou speel nie. Ons moet ons huise (en ons harte) se deure oopmaak vir ons kinders sodat hulle ‘n veilige plekkie het waar hulle vir ‘n oomblik kan ontspan en hulself kan wees. Môre kom dalk nooit nie.

Johanna Catherina Stewart, nooi Uys, Gebore 24/12/1923, Oorlede 20/10/2011. Rus saggies, Tannie. Dankie vir alles wat jy vir ons gedoen en beteken het. Ons sal jou nooit vergeet nie.

 

One Response to “Ek sal nooit vergeet nie”

  1. Stewart's Pretoria Says:

    Hello Leon,

    Wow,Wow,Wow!! Dis so pragtige stuk wat jy geskryf het oor ouma en die familie-dis baie spesiaal!!
    Die foto’s spreek ook almal van baie memories.

    Ons waardeer dit vreeslik dat jy daar was.

    Groete
    Dotta,Dian,Carla en John-Peter.

Welcome!

Hello! Welcome to Leon's world of pain and laughter, a tear and a smile. Please feel free to share your own by commenting. See you back soon! Or chat to me on the airwaves, my callsign is ZS6ALU Instagram

Calendar

October 2014
M T W T F S S
« Feb    
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

My Home Weather

Weather Underground PWS IGAUTENG115 or you can enter http://leonhome.no-ip.biz/weather

Menus

Housekeeping

Quotes from Robert Brault

Dare to be imperfect and one day there will tug at your sleeve a soulmate.

My Recent Posts

My Blogs

My Favourites